Vindingryk Vorentoe

RIV … EVKOM, YSKOR, SASOL, KRYGKOR, AEK, SAS&H, SAL, SAW, SA Leรซr…

Eertydse monumente van wie ons is, wat ons kan en hoe ons die toekoms aanpak.

Ons vermoรซ is geleรซ in die beste wat Suid Afrika uit elkeen van ons gebring het. Niemand kan dit wegvat of onderdruk nie โ€” dit is wie ons is. Dit is nie in ons nasionaliteit nie, nie in ons politieke oortuigings nie, nie in ons velkleur nie, maar in die onwrikbare wete dat ons die beste vir ons mense in Suid-Afrika wil hรช.

Die onlangse verlede leer ons dat ons nie gaan opstaan nie, gaan niemand dit namens ons doen nie โ€” daarom staan ons op. Dit is nie goed genoeg om net in gees op te staan nie, maar ook in die gemeenskaplike vermoรซ wat ons anders maak.

Ons kan BOU!


Makers BOU!

Die legkaartstukke wat ons industriรซle verlede gebou het, is landwyd verstrooi. Ons het selfs nie meer โ€™n idee hoe die prent, wat uit die stukke wat oorgebly het, gevorm word nie.

Makerbeweging is die plek waar ons daardie stukke begin bymekaar sit.

Sluit aan en help ons om makers se kennis, projekte en vernuf te versamel sodat tegnologie-ontwikkeling weer van onder af, uit ons eie geledere, na die industrie kan vloei.

Makerbeweging is ‘n Afrikaanse inisiatief, So staan ons weer op.

Sluit aan by Makerbeweging